CambriLearn se Graad 4-kurrikulum is in lyn met die nasionale KABV-kurrikulum en bied die verpligte Graad 4-vakke, Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), Wiskunde, Lewensvaardighede, Natuurwetenskappe en Tegnologie, en Sosiale Wetenskappe aan.
Elke kursus het 'n gestruktureerde lesplan wat deur professioneel opgeleide en gekwalifiseerde onderwysers geskep is. Leerlinge sal toegang hê tot regstreekse aanlyn lesse, en 'n biblioteek van opgeneemde lesse, waarna hulle kan verwys as hulle enige uitdagings met 'n spesifieke onderwerp ondervind.
Die leerling se vordering word op CambriLearn se Studente Spoorsnyer gevolg. Leerlinge sal ook take en oefen vraestelle voltooi, wat deur hul onderwysers gemerk word. Die gemerkte assesserings en oefen vraestelle sal individuele terugvoer hê om die leerling te help verbeter.
CambriLearn bied drie aanpasbare pakkette aan om aan die individuele leerlinge se behoeftes te voldoen. Jy kan die pakket vergelyking en geskatte kosteberekening vir ons KABV-kurrikulum aanbod hier sien.
Leerlinge moet KABV Graad 3 of 'n ekwivalent voltooi het wanneer hulle vir KABV Graad 4 inskryf. Dit is geskik vir leerlinge tussen die ouderdom van 8- tot 10 jaar oud.
Leerlinge moet alle vakke binne 'n graad voltooi voordat hulle in aanmerking kom om 'n rapport te ontvang. 'n Rapport is ook op versoek beskikbaar.
As jy onseker is oor die graad of vlak waarop jou kind ingeskryf moet word, kan jy met een van ons onderwys konsultante praat wat sal bepaal of jou kind 'n assessering moet voltooi om hul geskikte skoolvlak te bepaal.
KABV-kurrikulumgids
Kry die volledige prentjie voordat jy besluit: vakke, fases, inskrywingstappe en wat ons Afrikaanse KABV-kurrikulum anders maak.
Fill in your details and we’ll email it straight to you.
Check your inbox for the download link. If it isn’t there in a few minutes, look in your spam or promotions folder.
We couldn’t send your details. Try again in a moment. If it keeps happening, contact our admissions team.